Geniet die natuur en herontdek die plan en opwinding daarvan om getroud te wees!
Breek weg as ʼn egpaar en kom herontdek julle huweliksband met ʼn wegbreek naweek na De Hoop Natuurreservaat. Gepaardgaande met die ongelooflike natuurskoon en die rustige omgewing gaan paartjies bedien word deur Ena Cillie, die stigter van O.I.C, Etienne van Heerden van De Hoop en die motiveringspreker Lynette Beer van Seeds of Inspiration, sowel as die bekende sanger en liedjieskrywer, Michael Lindt.
Koste per Egpaar vir die naweek: R2 350 indien jy betaal voor die einde Julie 2014 en daarna R2 550
Die akkommodasie by De Hoop Collection is goed toegeruste selfsorgsorgeenhede, en die prys wat u betaal sluit alle etes en die akkommodasie vir die naweek in.
* Onthou asseblief dat daar ʼn R40 bewaringsfooi by die hek betaalbaar is. Dit word deur Cape Nature gereguleer. (Toegang is gratis indien u oor ʼn Wildcard beskik). Alle drankies en vrywillige aktiwiteite is uitgesluit. Die koste van die akkommodasie is gebaseer op twee egpare wat die kothuise deel (een badkamer).
