Ons spog weer met twee grand dames van die Afrikaanse teater op ons verhogie in die vatkelder. ‘n Aand van gedigte, stories en sang.
Letterkunde en landskap, wingerstompe, druiwe en sopieswyn. Deurwerkte Afrikaanse letterkunde belowe ‘n knussige aand van vreugde en naverdriet. Humor en erns. Lag met ‘n traan in die oog. Vergete moppies. Gunstelinge en onbekende werke… ‘n Voordragprogram deur Wilna Snyman, Sandra Kotze en Adriaan van Niekerk en driegang ete en glasie wyn. R200 per persoon. Sitplekke beperk.
