Die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees is een van 4 feeste wat landswyd onder die Goliat vaandel van die TLU gehou word. Die eerste fees is in 2004 in Pretoria deur Mnr Louis Meintjes (visie President TLU) begin. Stilbaai se eerste fees is aangebied deur die Laerskool Bertie Barnard en is reeds in 2006 gehou.
Die doel van die fees is tweeledig:
Eerstens om landbou weer onder die publiek se aandag te bring
Tweedens vir fondsinsameling vir die Laerskool waar daar geen befondsing deur die staat gedoen word vir aanbouiings en uitbreiding van die skool nie.
