Leading Lady piekniekfliek by die Taalmonument Tuinteater /media/reviews/photos/thumbnail/256x256s/61/8d/74/5581-PiekniekFliek-LeadingLady-Print-63-1422611425.jpg New
0
1
0
0
Event dates
February 13, 2015
February 13, 2015
Events
Info phone
021 863 0543/4809
Info email
Info website
Prices
Kaartjies kos R70 (R35 vir kinders onder 13)
Leading Lady, die gewilde nuwe Afrikaanse romantiese komedie, word op 13 Februarie by die Afrikaanse Taalmonument Tuinteater in die Paarl vertoon. Dit is die tweede piekniekfliek wat as deel van die Taalmonument se gewilde piekniekreeks op ‘n groot buitelugskerm in die Tuinteater te sien sal wees.
Dié prent van die regisseur Henk Pretorius, bekend vir die bekroonde Fanie Fourie’s Lobola, spog reeds met ‘n verspreidingooreenkoms in die VSA. Leading Lady vertel die inspirerende storie van ‘n jong, opkomende Engelse aktrise (Jodi Rutherford) wat ‘n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort (Kobus Willemse) oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol van ‘n Afrikaner oorlogsheldin in ‘n Hollywoodse rolprent. Die rolverdeling vir die film sluit in ons eie “leading lady”, Katie McGrath (Dracula, Merlin), die Hollywoodse filmster Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption), sanger/akteur Bok van Blerk, sowel as die legendariese Brümilda van Rensburg. Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die groot Amfiteater – op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Springmielies sal te koop wees.
Kaartjies kos R70 (R35 vir kinders onder 13) en is vooraf beskikbaar by Computicket, asook by die Taalmonument. Slegs ’n beperkte aantal kaartjies sal by die hek beskikbaar wees. Bring warm klere, ’n kombers en kussing of ’n lae stoel saam. Komberse en lae stoele sal te huur wees. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.
Indien die weer sleg is, word die piekniekfliek uitgestel na 15 Februarie. Die laaste piekniekfliek van die seisoen (Suurlemoen) vind op 6 Maart plaas. Vir meer inligting, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.
Map
Powered by JReviews



