Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   
Events Music Music - clubs & pubs Boeremusiek piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater

Boeremusiek piekniekkonsert by die Taalmonument Tuinteater /media/reviews/photos/original/f1/36/41/4613-IMG-3732-2-2-99-1386666045.jpg New

0   1   0   0
IMG_3732-2 (2).jpg

Location

Gabbema Doordrift Street

Event dates

January 25, 2014
January 25, 2014

Events

Info phone
021 863 0543
Info email
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Prices
R50/10

’n Groot boeremusiek-opskop word op Saterdag 25 Januarie as deel van die Somerpiekniekreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl gehou. Dié piekniekreeks word ten bate van die Laat ons Lees!-voorleesprojek vir kinders aangebied.

Drie gewilde orkeste, die Kaapland Boere Orkes, die Namakwalanders en die Wingerdstompies, sal piekniekgangers vanaf 17:00 tot 23:00 vermaak.

Die Kaapland Boere Orkes is in 2012 begin deur Daantjie Kotze, wat voorheen vir die Sandvelders gespeel het. Die orkeslede kom van Kaapstad en die Boland en is lede van die Wes-Kaapse tak van die Tradisionele Boeremusiek Klub van Suid Afrika. Die orkes speel slegs tradisionele boeremusiek in die tradisionele styl, en slegs met akoestiese instrumente, sonder slaginstrumente soos dromme of ‘n elektroniese klawerbord.

Die orkeslede is Daantjie Kotze (leier) op 3-ry Wheatstone konsertina, Boerekonsertina, kitaar en mondfluit; Rejean Viljoen (voorheen van Oudag Boereorkes) op 3 en 3/4-ry Wheatstone konsertina, Boerekonsertina en kitaar; 

Christo Wiese (voorheen van die Sandvelders) op trekklavier; Wynand Smit (voorheen van Oudag Boereorkes) op kitaar;

Ernest Geel op kitaar; Rolenda Heystek op banjo en Janus Heystek op akoestiese bas.

‘n Hoogtepunt op die program is die Namakwalanders, onder leiding van Willie Nelson, wat van Springbok se wêreld kom. Hulle is ook lede van die Wes-Kaapse tak van die Tradisionele Boeremusiek Klub.

Die Wingerdstompies is lede van die Boeremusiekgilde en speel in die moderne styl. Die orkeslede kom van Bellville en is almal nog op skool of pas klaar met skool. Hulle word afgerig deur Tobias Keyser, asook deur Mariaan Wiese van die Kaapse Affodille.

Die vertoning vind plaas in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die grasperk reg aan die voet van die monument. Besoekers is welkom om hul eie wyn en piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal te koop wees.

Kaartjies is vooraf te koop teen R50 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18 jaar (by www.paarlpost.co.za en by die Taalmonument). ’n Beperkte aantaal kaartjies is ook by die hek te koop teen R60 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 18 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Piekniekkonserte vind ook plaas op 21 Desember (The Rockets), 28 Desember (Dans van die Vlamme) en 8 Februarie (Elvis Blue). Vir verdere inligting, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Met trots ondersteun deur KykNET en Kie

Map

Swap Start/End
Powered by JReviews
joburginfo.com
capeinfo.com
Twinned websites; Sharing content;
Presenting SA's gateway regions effectively.
Content added to one appears on both sites.

What are you looking for today?

For advanced accommodation searches (price, amenities, etc) please click here.

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

Special offers

Discount %
33.3
Get a Bonus Night on the house if you book for 3 nights between now and 24 December 2013....
shutterstock_136852502.jpg
Discount %
35
NH The Lord Charles welcomes you this Summer !We can’t wait to see you again! That’s why we’ve...
Discount %
20
Book for 30 days or more to qualify for a 20% discount
Room 2-Umoyo (7).jpg
Discount %
15
We have the perfect solution for you! 15% Discount for a seven (or more) nights stay...
Discount %
17
Stay 6 nights at La Galiniere Guest Cottages in Franschhoek and pay for only 5. 
 

Newsletters

Subscribe

Terms and Conditions

Latest directory entries

Brothers Streep
Grab on to your seats so that you don’t...
Category: Ballet & Dance
Danced to the music of Stravinsky, the exotic firebird...
Category: Opera & Musicals
Tennessee Williams’ Pulitzer Prize masterpiece gets another lease on...
Category: Ballet & Dance
This irresistible tribute to legendary songwriter, Cole Porter, offers...
Category: Self-catering
Stylish self-catering country cottage in the popular picturesque village...
IMG_3732-2 (2).jpg
’n Groot boeremusiek-opskop word op Saterdag 25 Januarie as...
Category: Opera & Musicals
Andrew Lloyd Webber`s production of the legendary musical The...
Category: Restaurants
Existing in a society that has toned humanity into...
An exhibition of ceramics by Clementina van der Walt...