Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   
Eerste piekniekfliek by die Taalmonument Tuinteater

Eerste piekniekfliek by die Taalmonument Tuinteater http://joburginfo.com/media/reviews/photos/original/8d/ea/f9/5369-main-poster-final3b-11-1412755697.jpg New

0   1   0   0

Location

Gabbema Doordrift Street , Paarl , 7646

Event dates

November 14, 2014
November 14, 2014

Events

Info phone
021 8634809/0543
Info email
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Prices
R90

‘n Splinternuwe toevoeging tot die Afrikaanse Taalmonument se baie gewilde somerpiekniekreeks is  Afrikaanse flieks wat op ʼn buitelugskerm onder die sterre te sien sal wees. Die eerste piekniekfliek skop op Vrydag 14 November af met die Wes-Kaapse première van Anderkant die stilte.

Dié fliek van die bekroonde jong regisseur, Desmond Denton, is `n samesmelting van ou Afrikaanse drama en digkuns en bo alles, `n storie van hoop. Dit is verfilm in die hartjie van die Kaap en vertel die storie van `n uiteenlopende groep mense wat bymekaarkom om die teaterstuk van hul lewens op te voer – en veral hul stryd om te wys dat enigiets moontlik is wanneer mense saamwerk, maak nie saak watter ouderdom hulle is nie. Volgens Denton is dit `n klassieke storie oor die waarde wat elke mens het en hoe elkeen iets waardevols tot `n span kan bydra.

Van Suid-Afrika se mees legendariese Afrikaanse akteurs is in die fliek te sien, waaronder André Rossouw, Joey de Koker, Hannetjie Smit, Annemari Blanckenberg en Johan en Lida Botha. Hulle speel ‘n groep bejaardes in ‘n ouetehuis wat `n  manier moet vind om nie slegs die teaterstuk saam te stel en op te voer nie, maar om dit boonop te doen onder die skerp oog van Sara, die matrone (gespeel deur De Koker) wat die tehuis met `n ystervuis regeer.

Die fliek is aangewys om by verskillende filmfeeste, insluitende die San Diego Internasionale Filmfees, vertoon te word. Dit is by die Kaapse Wynland Filmfees genomineer as een van Suid-Afrika se beste vollengte flieks.  Die fliek het vier toekennings by die Monaco Internasionale Filmfees gewen, waaronder die toekenning vir beste ondersteunende akteur aan De Koker.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die groot Liquifruit Amfiteater – op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die voorprogram begin om 18:30 en sluit optredes in deur die sangers Jody Williams en Carla Conradie, asook ‘n kort voorwoord deur dr Mario Denton.  Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800).

Kaartjies kos R90 (met ’n pakkie springmielies ingesluit) en is beskikbaar op www.webtickets.co.za, asook by Laerskool Hugenote op Wellington. Die tema is “Piekniek-sjiek op die rooi tapyt”. Gaste word aangemoedig om iets roois te dra. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Geen eie stoele word toegelaat nie. Stoele sal te huur wees teen R20 elk. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Indien die weer sleg is, word die piekniekfliek uitgestel na 16 November. Vir verdere inligting, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

 

Map

Swap Start/End
Powered by JReviews

What are you looking for today?

For advanced searches (price, amenities, etc) please click here.

Category:   
Keywords:   
Country:   
Province:   
Region:   
Town:   
Suburb:   

 

Special offers

Rivonia Bed & Breakfast - outside view of Luxury rooms with kitchenettes
Discount %
15
Discounted weekend specials. 
Safari tent
Discount %
25
Mid-Week Special (Monday - Thursday)
Birdlife on the beautiful Rietvlei Reserve
Discount %
25
Bookings made up to 4 days before arrival date and weekend breaks up to 6 weeks before arrival ...
Discount %
30
Come and see the Whales and enjoy the nature with the family.
Farr Out springtime
Discount %
10
Spring has sprung! Make use of our flower power spring special!
Discount %
17
Stay 6 nights at La Galiniere Guest Cottages in Franschhoek and pay for only 5. 

Newsletters

Subscribe

Terms and Conditions

Latest directory entries

Category: Music - classical
During one concentrated weekend of music-making from Friday 24...
Category: Ballet & Dance
As the Cape Town City Ballet celebrates it’s 80th...
Category: Opera & Musicals
Mixing Viennese operetta and Wagnerian themes with cabaret, coloratura...
Category: Film
‘n Splinternuwe toevoeging tot die Afrikaanse Taalmonument se baie...
Category: Festivals & Fairs
Visit Cape Town's oldest and largest bi-monthly antique market!...
Bed and Breakfast accommodation for the business traveller and...
De Tijger Lodge is nestled in the very popular...
Category: Festivals & Fairs
Ho Ho Ho…off to Gabriëlskloof young and old should...
Stargazing enthusiasts should not miss the second stargazing picnic...
Drawing A Line @ D-Street Gallery
A spectacular solo exhibition by the renowned artist Strijdom...